Pezula Sosa Lagoon Views Luxury - BS1
- Kapasiteit: 0 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bowsprit-straat 10, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Pezula Sosa Lagoon Views Luxury - BS1 is 'n ruim selfsorghuis op die Pezula Gholflandgoed in Knysna. Die eiendom bied slaapplek aan 8 gaste en spog met prentjiemooi uitsigte oor die Knysna-strandmeer en op die Outenikwaberge in die verte.
Die dubbelverdieping-vakansiehuis het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite- of privaat badkamer met 'n stort of bad of albei. Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met die nodige toebehore om maaltye voor te berei. Daar is ook 'n aparte opwaskamer.
Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en die sitkamer langsaan lei na 'n onthaalarea met stoepmeubels en gasbraaigeriewe. Dié area lei na die agtertuin met 'n plonspoel wat oor Knysna kyk. Daar is 'n dubbelmotorhuis met parkeerplek vir 3 voertuie.
Gaste het toegang tot die bekroonde 18 putjie-gholfbaan, 'n swembad buite, klubhuis en 'n tennisbaan op die landgoed. Daar is ook 'n 5-ster-hotel met 'n spa, gimnasium, binnehuise swembad wat verhit is en 'n ouderdomsbeperking het, 2 restaurante en 'n speelarea vir kinders.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Bowsprit-straat 10, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 0 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bowsprit-straat 10, Pezula Gholflandgoed, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom