SOUL on Llandudno

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

SOUL on Llandudno bied luukse verblyf in die gesogte buurt, Llandudno in Kaapstad. Dit is naby pragstrande en verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf is beskikbaar in 6 luukse slaapkamers in 'n unieke gebou wat asemrowende see-uitsigte bied.

Die huis het lugversorging en strek oor 3 verdiepings. Daar is 'n groot eetarea en sitarea op die middelste verdieping wat oopmaak op die swembaddek. Hier kan gaste op sonstoele en rusbanke sit en die pragtige sonsondergang oor die see inneem.

Daar is oorgenoeg gemeenskaplike kuierareas, asook 'n swembadarea waar gaste kan rustig wees. Bestel 'n mengeldrankie by die vriendelike butler of geniet 'n drankie uit die kroegyskassie op snikhete dae, en op koue wintersaande kan gaste voor die kaggel opkrul.

Die suites het elkeen 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed, lugversorging en 'n kroegyskassie vol komplimentêre koeldrank of bottelwater. Wyn, bier en ander alkoholiese drankies is beskikbaar teen ekstra koste. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met Netflix en onbeperkte WiFi.

Die Jacuzzi wat deel vorm van die Llandudno-suite is op die privaat balkon buite dié eenheid sodat gaste privaatheid kan geniet.

Spa-behandelings is beskikbaar op versoek teen ekstra koste in gaste se eie kamers. Die terapeut sal gaste ook na die tyd met 'n massering, 'n bottel MCC en heerlike tapas bederf.

Ontbyt is ingesluit by die tarief.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na SOUL On Llandudno gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 575 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za