Southern Right Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Southern Right Accommodation nooi jou hartlik uit om die rustigheid van Simonstad te kom ervaar. Hier sal gaste dadelik tuis voel. Ons gastehuis is binne loopafstand van die Mineral World, minder as 10 minute se rit vanaf Boulders-strand, waar gaste die brilpikkewyne kan sien wat al te lekker op die strand baljaar. Kaappunt Natuurreservaat is ook sowat 20 minute se ry ver.

Ons het 3 kamers in die gastehuis, asook 1 selfsorgwoonstel. Elke kamer spog met sy eie versierings en 'n uitsig oor die see. Al die kamers het toegang tot die gemeenskaplike tuin, kombuis, eetkamer en wasgoedkamer.

Simonstad is 'n vlootdorpie en gaste kan vanaf die huis die hawe sien. Die dorp spog met 'n ryke geskiedenis en daar is ook talle museums om te besoek. Vir die kunsliefhebber is daar ook talle winkeltjies, en indien jy moeg gestap is kan jy by een van die restaurante of koffiewinkels sit. Daar is ook watertaxis wat van die hawe na die eiland vaar waar gaste haaihokduik kan doen. Vishoek word beskou as een van die beste strande in die Kaapse Skiereiland en dis slegs 10 min. se rit van die huis. Die bekoorlike Kalkbaai is ook naby waar van die gewildste restaurante in die suid skiereiland is. By Muizenberg, wat sowat 3 km van hier af is, is daar talle lekker water-aktiwiteite vir die kinders,

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Southern Right Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za