Southgate 16

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Southgate 16 is in 'n sekuriteitskompleks in Uvongo aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus geleë. Die Uvongorivier Natuurreservaat, Pure Venom Reptielpark, die Skyline Natuurreservaat en die Suidkus se strand is lekker naby.

Dié selfsorghuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, en 'n enkelmotorhuis. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 stapelbeddens in die derde slaapkamer. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet en die gastetoilet op die onderste verdieping het ook 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, broodrooster en 'n skottelgoedwasser. Die eenheid het 'n DStv-koppelpunt so gaste kan hul eie slimkaart en dekoderder saambring.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad, 'n braai-area, TV, en parkeerplek in 'n motorhuis.

Uvongo is veral gewild onder swemmers, branderplankryers, hengelaars, snorkelduikers en gholfspelers.

Slaapplek

'n Bespreking by Southgate 16 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Southgate 16 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za