LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Space of Grace | LekkeSlaap
+17

Space of Grace

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushy Grove 9, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 875 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Space of Grace is 'n ruim selfsorghuis in Freeland Park, Scottburgh. Hierdie ontspanne vakansiehuis teen die see is ideaal vir 'n rustige wegbreek of 'n ongelooflike vakansie vir familie of vriende.

Die huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 individueel versierde slaapkamers, 3 badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n volledige en suite-badkamer en 'n privaat balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, en 'n sitarea met 'n enkelbed. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die vyfde slaapkamer het 'n ekstra groot koninggrootte-hemelbed en toegang die swembadarea. Daar is ook 'n moderne gesinstortkamer en 'n badkamer met 'n dubbelwasbak en 'n aparte toilet.

Die ten volle toegeruste oopplan-kombuis is met al die nodige toebehore toegerus om maaltye voor te berei en te kook. Die aangrensende leefarea het 'n eetkamertafel met 12 stoele waar gaste hul maaltye kan geniet en die sentrale sitkamer het 'n groot TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n kroeg, 'n gerieflike privaat TV-sitkamer met 'n groot slim-TV en 'n sonkamer met 'n uitsig waar gaste lekker met 'n boek kan ontspan.

Die leefarea lei na die onthaalarea en sondek met braaigeriewe en 'n skadu-swembad, en waar gaste buite vir ete kan aansit. Aan die ander kant van die huis is daar 'n binnehof en 'n groot, welige tuin. Daar is 'n dubbelmotorhuis en parkeerplek vir minstens 4 ekstra voertuie. Die huis is uiters veilig met 'n alarmstelsel, laserstraal-sekuriteit en gewapende reaksie wat patrolleer.

Die huis spog met 'n uitstekende uitsig oor die see vanaf die kombuis, eetkamer, sitkamer, kroeg en die onderdakstoep.

Space of Grace is lekker naby winkels en stapafstand vanaf die gesinsvriendelike Scottburgh-hoofstrand met sy getypoel, grasperke, restaurante, koffiewinkels en kroeë. Dit is ook ideaal geleë om die hele Suidkus te verken, met sy ongelooflike strande en 'n rits aktiwiteite, soos duik by die Aliwal-bank, haaihokduik, branderplankry en talle gholfbane. Vir die buitelug-avontuurliefhebbers is daar 40 km lange bergfietsroetes net 'n paar kilometer van die huis af waar watervalle, ongelooflike woude en natuurlewe te sien is. Daar is ook talle natuurreservate en staproetes naby.

Slaapplek

’n Bespreking by Space of Grace sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed Kinderbank vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 1
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Bushy Grove 9, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 875
per nag (plek vir 10)
Vanaf R2 875
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushy Grove 9, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d80774ca49f8d82f339ab9d219c109fc1d465952b5c14164c8d2f5e31d8722329c6f3511d3672b518db16d86772ccecd691?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 875  per nag (plek vir 10) 9 Bushy Grove Freeland Park 4180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -30.271747364806 30.757280104299
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!