Sparrebosch Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sparrebosch Villa is 'n pragtige en moderne selfsorg-vakansiehuis in die veilige Paryskloof-sekuriteitslandgoed aan die buitewyke van Paarl. Die huis het 'n rustige en veilige ligging vir 'n gesin of 'n groepie vriende.

Sparrebosch Villa het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 volledige badkamers, 'n gastetoilet, 'n moderne kombuis en 'n oopplan-leefarea met 'n hoë plafon.

Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, oorgenoeg kasruimte en 'n spieëltafel, sowel as 'n volledige en suite-badkamer. Dié kamer het ook skuifdeure wat toegang bied tot 'n stoepie en tuin. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en groot vensters wat oor die tuin uitkyk. Die derde slaapkamer is 'n kinderkamer met 'n enkelbed en 'n bababedjie. Dié 2 kamers deel 'n badkamer met 'n vrystaande bad en toilet.

Die kombuis het 'n eiland met 'n ingeboude gasstoof, en beskik verder oor 'n oond, mikrogolf, dubbeldeur-yskas en 'n Nespresso-masjien. Die aparte opwasarea het 'n dubbelwasbak, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser en lei na 'n binnehof met 'n wasgoeddraad.

Die groot tuin komplementeer die huis en stoep met ingeboude braaigeriewe. Die landgoed spog met 'n gemeenskaplike park met 'n dam net 'n paar meter van die huis af. Die 3 slaapkamers het 2 koninggrootte-beddens en 'n kinderkamer met 2 volledige badkamers en 'n gastetoilet. Al die kamers is pragtige versier. Die kombuis kyk uit oor die eetarea met 'n etenstafel en sitplek vir 8 gaste. Die oopplan-leefarea het groot leerbanke en 'n groot kaggel.

Die leefarea het 2 skuifdeure wat toegang bied tot 'n stoep en 'n groot tuin. Die onderdakstoep beskik oor 'n sitarea en ingeboude braaigeriewe. Daar is parkeerplek vir 2 motors in 'n dubbelmotorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Sparrebosch Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 volwassene en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sparrebosch Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za