Special View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Special View is 'n lieflike selfsorghuis in Kleinmond. Dié dubbelverdiepinghuis is op die randjie van die Kogelberg Natuurreservaat, net 900 m vanaf Palmietstrand. Kleinmond is 'n unieke dorpie wat heelwat doendinge bied.

Special View het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers en daar is 3 badkamers. Die Hoofhuis het 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n aparte ateljee.

Die boonste vloer bestaan uit 1 slaapkamer, 'n TV-kamer, en 'n balkon. Eersgenoemde het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort, -wasbak, en -toilet. Die TV-kamer het 'n platskerm-TV en dié kamer lei na die balkon wat spog met 'n uitsig oor die natuurreservaat, die oseaan, en die skilderagtige berge.

Die grondvloer bestaan uit 'n slaapkamer, badkamer, kombuis, eetarea, en sitkamer. Eersgenoemde het 'n koningingrootte-bed, 'n dagbed, en ingeboude kaste. Daar is 'n kombuisie met 'n eetarea en 'n stoep langs hierdie kamer. Die badkamer het 'n bad, stort, en toilet. Die hoofkombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, en 'n eetkamertafel met 8 stoele. En die ruim leefarea het 'n kaggel en 'n eetkamertafel met 6 stoele.

Buite is daar 'n stoep met buitemeubels, 'n braai-area, en 'n tuin. Die eiendom is heeltemal omhein en die hek en alarm werk met afstandbeheer. Troeteldiere word toegelaat op versoek.

Die Ateljee het 'n privaat ingang en is losstaande. Dit is toegerus met 2 enkelbeddens, 'n badkamer, kombuisie, platskerm-TV, en 'n patio met buitemeubels.

Slaapplek

'n Bespreking by Special View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Special View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za