Spirit of the Ocean

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Spirit of the Ocean is 'n lieflike huis wat bo-op 'n krans met pragtige see-uitsigte en in 'n luukse natuurreservaat in Victoriabaai geleë is. Die huis het groot vensters, dekke aan albei kante en is omring deur fynbos. Gaste kan kyk hoe voëls teen die krans nesmaak, asook walviskyk vanuit die oopplan-leefarea.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea met houtvloere. Daar is 1 slaapkamer op die boonste verdieping en 2 slaapkamers op die onderste verdieping. Die beddens het katoenlakens en -duvets. Die onderste 2 slaapkamers het en suite-badkamers met loodglasvensters en storte. Badhanddoeke word voorsien. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser.

Die sitarea beskik oor 'n kaggel en 'n TV met DVD-speler. ’n DStv-skottel is beskikbaar, maar gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Die huis het ook 'n lieflike beskutte swembad op die dek, asook stoepmeubels waar gaste kan sit en die pragtige, rustige omgewing bewonder.

Slaapplek

'n Bespreking by Spirit of the Ocean sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spirit Of The Ocean gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za