Spitskop Veld- en Boskamp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Spitskop Veld- en Boskamp is 'n privaat wildkamp 15 km buite Oudtshoorn. Hierdie kamp is ideaal vir 4x4. 'n Gewone voertuig met goeie grondvryhoogte kan hierdie terrein bereik, maar 'n gewone karavaan word nie aanbeveel nie.

Slegs een besprekingsgroep word toegelaat om privaatheid te verseker. Die kamp is toegerus met n spoeltoilet en stort. Daar is ook drinkwater en n lieflike braai. Gaste moet asb. hul eie kooktoebehore, hout en kamptoerusting saambring.

Spitskop Veld- en Boskamp is baie privaat, rustig en ideaal vir natuurliefhebbers wat nie luukse geriewe benodig nie. Wild loop vrylik rond op dié 230 hektaar-plaas, wat met 2.4 m wildsheining omhein is. Spitskop Veld- en Boskamp bied aan gaste die geleentheid om na aan die natuur te kom en die lekker privaatheid te ervaar. Hier kan jy die koedoes sien wei en kleinwild aanskou.

Gaste kan gerus hulle bergfietse saamring - daar is lekker fietsroetes in die veld.

Kom hoor 'n jakkals roep of geniet pragtige sons-ondergange en helder sterre in die lug.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spitskop Veld- En Boskamp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za