Splash Inn Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Splash Inn Guest House bied gerieflike verblyf vir paartjies, vriende, en sakereisigers. Dié gastehuis word deur 'n gesin bestuur en is lekker sentraal in Durban-Noord geleë, halfpad tussen die middestad en Umhlanga Rocks. Toegang tot die strande, sportstadions, winkelsentrums en Durban se Internasionale Konvensiesentrum is dus glad nie 'n probleem nie.

Ons bied verblyf in ruim en suite-slaapkamers. Lugmatrasse is beskikbaar vir kinders. Gaste is welkom om rustig buite by die swembad te ontspan. Swemhanddoeke is beskikbaar op versoek. 'n Heerlike ontbyt is beskikbaar op versoek en teen ekstra koste en word buite op die patio langs die swembad in ons lowerryke tuin bedien. Die ontbytstoep het 'n gasbraaier, mikrogolfoond, yskas, sitarea, eetgerei en breekware. WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kroeë, restaurante kafees, gholfbane, kultuurmarkte en La Lucia Business Park is in die omgewing te vinde. Gaan maak gerus 'n draai by die volgende besienswaardighede: Umgeni River Bird Park, Umhlanga Rocks, die Moses Mabhida Stadion, Suncoast Casino, uShaka Marine World en Kings Park Pool.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Splash Inn Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za