Kleinmond Akkommodasie by Splash Rock Cottage | LekkeSlaap
+8

Splash Rock Cottage

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 104, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Splash Rock Cottage is 'n ruim kothuis met 2 slaapkamers en 1 badkamer in Kusweg (Beach Road) met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit is teen die seefront geleë en spog met die mooiste, ononderbroke uitsig oor die see en is net 30 sekondes se stap van die kronkelende paadjie na die branders toe wat teen die rotse breek.

Jy sal so tuis voel soos by jou eie huis by die kothuis. Die hoofslaapkamer het 1 koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat ideaal is vir kinders. Dit is deel van die dubbelmotorhuis wat omskep is in 'n slaapkamer sodat dit nou deel vorm van die kothuis. Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, breekware en eetgerei. Die sitkamer het 'n TV met plaaslike kanale en 'n DVD-speler. Die stoep het 'n drombraai en 'n ketelbraai is ook beskikbaar. Daar is tuinmeubels op die veranda vanwaar gaste die uitsig op die berg kan geniet en die walvisse wat in die see baljaar bewonder. Daar is 'n groot grasperk voor die kothuis waar die kinders lekker kan speel.

Splash Rock is net 10 tot 15 minute se stap van Kleinmond se hoofstrand af. 'n Maksimum van 2 troeteldiere word toegelaat teen R35 per troeteldier per week/naweek. Rook is verbode in die huis.

Slaapplek

’n Bespreking by Splash Rock Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Splash Rock Cottage
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Kusweg 104, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Splash Rock Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 104, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGEzZGY5NmQ0LTcyNGQtNDliMC1iYjk3LTQ3YmMyZGNhZmIzNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 104 Beach Road Kleinmond 7195 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.344237913836 19.024353046627
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za