Spray Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Spray Cottage is in St. James en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of vriendegroep. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers met slaapplek vir 8 gaste. Al die slaapkamers is op die grondverdieping. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Dié 3 kamers lei na die swembad. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omgeskakel word. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer lei na 'n klein binnehof. Elke slaapkamer het 'n slim-TV.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die 2 sitareas het gemaklike rusbanke, 'n slim-TV met DStv en 'n kaggel. Die eetarea bied 'n uitsig op die berg en daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Die tweede sitarea vorm deel van die kroegarea met 'n aparte yskassie.

Daar is braaigeriewe, stoepmeubels en 'n swembad.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel in 'n dubbeltoesluitmotorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Spray Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spray Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R18 100 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za