Spreeufontein Guest Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Spreeufontein Guest Farmhouse is ongeveer 40 km van Prins Albert in die Groot Karoo geleë. Dit bied 'n rustige en stil atmosfeer wat voorsiening maak vir buitelugliefhebbers.

Die lieflike ou plaashuis bestaan uit 4 slaapkamers, 2 vol badkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n oopplan-leefarea en braai-area. 2 slaapkamers het dubbelbeddens, die derde slaapkamer het 'n dubbel en enkelbed, asook 'n stapelbed, en die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. 'n Bababedjie kan ook vir 'n kind onder 2 jaar gereël word. Omdat daar nie elektrisiteit is nie, word sonkrag gebruik vir ligte en 'n gasstoof vir kook. Maaltye kan vooraf bespreek word.

Verskeie daguitstappies sal besoekers besig hou; die plaas is bekend vir sy Dynacophylin- en Bradysaurus-voetspore en -fossiele. Gaste kan die plaas se staproetes aanpak of net lekker ontspan terwyl jy die verskeidenheid voëls en wil aanskou.

Dit is 'n werkende plaas met die Niehaus-familie as eienaars. Hulle boer met Dorperskape, Angora-bokke en ander vee. Ware Karoo-gasvryheid in alle opsigte.

Kenmerke

Dienste

  •  Wakker-bel oproep

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Spreeufontein Guest Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R490 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za