Springbok Lodge & Restaurant

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Springbok Lodge & Restaurant is in Springbok, Namakwaland geleë. Dié instansie word deur 'n gesin bestuur en bied gehalte-verblyf vir besoekers of dié wat na Namibië reis.

Die lodge het 'n hoofgebou met ontvangs, 'n restaurant, kafee en kurio- en boekwinkel. Die verblyf is in die hartjie van Springbok en het 3 verskillende geboue wat stapafstand van die hoofgebou is.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer, TV en tee- en koffiemaakgeriewe. Die gesinseenhede het elk 'n ekstra kamer vir kinders en die selfsorg-eenhede het goed toegeruste kombuise en braaigeriewe.

Gaste kan by die hoofgebou inklok en meer inligting oor die dorp en area kry. Die lodge bied kaarte van die omliggende area en bied inligting oor die beste blommekyk-areas en ander besienswaardighede.

Die hoofgebou het 'n unieke versameling van historiese foto's, area-kaarte, skilderye en 'n groot klipversameling met skaars half-edelgesteentes. Gaste kan ook na die kwartskristalle van Nababeep se myn en eksotiese opalgesteentes van Australië kom kyk.

Die restaurant het 'n a la carte-spyskaart en 'n dranklisensie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Springbok Lodge & Restaurant gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R815 R734 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za