Springbok Townhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Springbok Townhouse is aan die voet van Seinheuwel wat aan Seepunt en Groenpunt grens, geleë. Dis 'n kontemporêre, moderne tripelverdiepinghuis met 'n skouspelagtige uitsig oor die see. Die meenthuis is lig en helder met ongelooflike groot en kleurvolle kuns teen die mure.

Springbok Townhouse bied slaapplek vir 4 gaste en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n instapkas, en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort, toilet en 'n handdoekreling. Die kamer het ook 'n TV, 'n see-uitsig en 'n balkon met gemaklike buitestoele. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, wasbak en handdoekreling. Hierdie kamer het skuifdeure wat lei a 'n privaat dek met sonstoele en uitsigte.

Die meenthuis bied 'n stylvolle, ruim oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis. Die kombuis en eetkamer het blindings. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n SMEG-gasstoof, dubbeldeur-yskas en -vrieskas, Nespresso-masjien, en 'n aparte spens en waskamer met 'n skottelgoedwasser. Daar is baie oppervlaktes vir die voorbereiding van etes en daar is sitplek by die toonbank. Jy kan maklik 'n ete voorberei terwyl jy met gaste of familie in die sitkamer of eetkamer kuier. Die eetkamer het 'n glastafel en sitplek vir 6 gaste. Die sitkamer het 'n groot L-vormige bank, 'n TV, DVD-speler en 'n verwarmer.

Stapeldeure lei van die sitkamer af na 'n balkon met gemaklike stoele, 'n tafel en 'n asemrowende uitsig oor Robbeneiland. Die huis het lugversorging,'n alarmstelsel en onbeperkte WiFi.

Op die onderste verdieping is daar 'n klein leeskamer met sy eie badkamer en dit lei na 'n binnehof wat ideaal is vir onthaal. Daar is sitplek en 'n draagbare braai buite. Parkeerplek is reg langs die huis beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Springbok Townhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Springbok Townhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za