Springgety

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Springgety is 'n selfsorgvakansiehuis wat sowat 300 m vanaf die bekende Davies-getypoel in Onrusrivier naby Hermanus geleë is. Die huis is gerieflik ingerig met slaapplek vir tot 6 gaste.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die ander 2 slaapkamers het 2 driekwartbeddens en deel die gebruik van die tweede badkamer wat ingerig is met 'n bad, 'n toilet, bidet en 'n aparte stort. Daar is ook 'n gastetoilet in die huis.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n wasmasjien. Die sitarea het 'n TV met DStv en lei na die eetarea met sitplek vir 6 rondom die etenstafel.

'n Paar bordspeletjies is beskikbaar vir gaste se gebruik. Daar is verwarmers in die sitarea en in elke slaapkamer. 'n Draagbare braai kan op die voorstoep gevind word wat teen die wind beskut is.

Parkeerplek is beskikbaar op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek. Die huis is beveilig met 'n alarmstelsel.

Slaapplek

'n Bespreking by Springgety sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Springgety gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za