Kommetjie Akkommodasie by Springtide | LekkeSlaap
+11

Springtide

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erica-weg 11, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 2
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Springtide is 'n moderne en ruim selfsorg-woonstel op die eienaar se perseel in Kommetjie en dit het panoramiese see- en berguitsigte. Kommetjie is 'n pragtige kusdorpie tussen die see en berge. Dis 'n branderplankryer se droom met die bekende Long Beach en uitsigte op Tafelberg, Houtbaai, Chapman's Peak en Noordhoek.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook 'n skuifdeur wat op die balkon oopmaak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en toegang tot 'n balkon met uitsigte oor die see in die verte.

Die dorpie het restaurante, winkels en 'n gesinsvriendelike pizza-plek. Kommetjie is een van die suidelike skiereiland se mees gewilde vakansiebestemmings met 'n lieflike strand en ontspanningsgeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Springtide sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Erica-weg 11, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erica-weg 11, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 2
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAWuKAkg1bJVBYagryTUd6VJ2k2x80Shf8DCjdr8w5HwItC0Lyj3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 11 Erica Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.141577537403 18.327125410233
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za