Squirrel Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Squirrel Lodge is 'n gastehuis in Umtentweni, KwaZulu-Natal. Die instansie bied selfsorg-akkommodasie of gaste kan die kamer alleen bespreek, etes uitgesluit.

Ons bied akkommodasie in 'n en suite-kamer met 'n dubbelbed en 'n tweede slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n privaat badkamer. Beide kamers lei uit na 'n swembad met 'n lapa en braaigeriewe. Die en suite-slaapkamer het 'n satelliet-TV en tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is ook 'n gemeenskaplike sitkamer met DStv. Maaltye kan voorsien word, maar word nie in die gekwoteerde akkommodasietariewe ingesluit nie.

Ons het 'n selfsorgwoonstel apart van die hoofhuis. Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed vir 2 mense, en 'n stapelbed in die ander kamer vir nog 2 mense. Die kombuisie het 'n stofie, mikrogolfoond, yskas en 'n wasbak. Die woonstel beskik oor 'n privaat tuintjie met 'n braai- en kuierplek. Die erf is in 'n stil, veilige area en is ook toegerus met 'n outomatiese hek.

Squirrel Lodge is in 'n stil kusdorpie geleë binne stapafstand vanaf die see met talle nabygeleë restaurante. Dis net 'n kort entjie se ry vanaf die Wild Coast Sun en Oribi Gorge met die langste zipline in Afrika by Lake Eland, witwatervlotvaart op die Umzimkulurivier, perdry, abseil en nog baie ander doendinge.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Squirrel Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za