Squirrels Leap Garden Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 20 Des 2019.

Beskrywing

Squirrels Leap Garden Cottage is 'n bekoorlike selfsorg-kothuis op die eienaar se eiendom in Meadowridge in Kaapstad. Die eenheid is ideaal geleë, naby winkels, restaurante en ander besienswaardighede in die Suidelike Voorstede.

Dié smaakvol versierde kothuis het sy eie ingang en beskik oor 1 en suite-slaapkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n instapstort, wasbak en toilet. Die sitkamer is ruim en het 'n netjiese eetarea, groot rusbank en lessenaar. Die sitkamer het ook 'n TV met 'n DVD-speler en 'n DStv-koppelpunt (bring asb jou eie Explora-konsole saam).

Die kombuis is goed toegerus om etes voor te berei en die gashere sal speserye en kruie voorsien wanneer gaste inklok. Die kothuis het 'n patio en 'n privaat tuin met Weber-braaigeriewe om te gebruik.

Die kothuis word deeglik skoongemaak voor en na jou verblyf. 'n Puik skoonmaakdiens is ook beskikbaar teen 'n billike tarief gedurende jou verblyf.

Gaste is welkom om in die gemeenskaplike swembad te swem. Daar is veilige parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig. Squirrels Leap Garden Cottage is net 5 minute se ry vanaf Constantia Wynroete, 1,5 km vanaf Constantiaberg Mediclinic, en dit bied maklike toegang tot winkelsentrums en ander besienswaardighede.

Slaapplek

'n Bespreking by Squirrels Leap Garden Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Squirrels Leap Garden Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R800 per nag (plek vir 2)

Kry 10% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 20 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za