St Annes Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Annes Guest House is hoog op 'n rif in Berea, Durban geleë en bied gerieflike verblyf in 'n lieflike gastehuis met geskiedkundige waarde. Dit word besit deur die binnenshuise versierder Caroline Wright en haar man, Leal, en sy het ook die gastehuis gerestoureer. St Annes Guest House is 'n pragtige kombinasie van oorspronklike, vroeë 19de eeuse styl en 'n Afrika-gevoel.

Sy het alles in haar vermoë gedoen om die oorspronklike afwerkings en toebehore te behou sodat elke gas die argitektuur en atmosfeer van dié era kan ervaar. Verblyf word gebied in 5 pragtig versierde en suite-dubbelgastekamers. Elke kamer het lugversorging, WiFi, sekere DStv-kanale, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n telefoon en kluis.

Die gastehuis het 'n swembad in 'n tropiese omgewing, veilige parkeerplek, 'n formele sitkamer met boeke, 'n kroeg/wynkelder met 'n biljarttafel en 'n TV-kamer. Die gastehuis het ook 2 klein konferensiekamers wat oor 'n U-vormige konferensiekamer vir 12 afgevaardigdes en 'n formele raadsaal vir 16 afgevaardigdes beskik. St Annes is 'n idilliese venue wat koloniale elegansie en luuksheid aan plaaslike en internasionale gaste of sakereisigers in 'n eksklusiewe en afgeleë omgewing bied.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Annes Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za