St Clair Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Clair Villa is 'n moderne drieverdieping-selfsorghuis met majestueuse uitsigte oor die Houtbaai-strand, hawe en die vallei. Die moderne huis spog met oop ruimte, lig, luuksheid en stylvolle dekor en het 5 slaapkamers wat 10 mense in totaal akkommodeer. Daar is ook 'n speelkamer vir die jongspan.

Die stylvolle huis het 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer bestaan uit 'n koninggrootte-bed met asemrowende uitsigte en 'n oopplan en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na die privaat patio. Die derde gastekamer het 'n dubbelbed en 'n deur wat na die veranda lei. Daar is twee kinderkamers, een met 'n koninggrootte-bed met berg-uitsigte, terwyl die ander 'n koninggrootte-bed het met 'n deur wat na die veranda lei. 'n Badkamer word tussen dié twee kamers gedeel en het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Al die kamers is met moderne luukshede ingerig.

St Clair Villa het 'n ten volle toegeruste kombuis met al die moderne toebehore, skottelgoedwasser, gasoond, wasmasjien, tuimeldroër, yskas, vrieskas en opwasplek. Die eetkamer het beeldskone uitsigte oor die see en vallei terwyl die deure na die patio met 'n swembad en sitarea lei. Die leefkamer het 'n gemaklike rusbank met sitplek vir 7, 'n kaggel, platskerm TV, DStv, DVD-speler en 'n stereo. Die skuifdeure bied toegang na die veranda met berg-uitsigte. Die kinderkamer het sy eie platskerm-TV met moderne vermaakgeriewe. Op die onderste verdieping van die huis is daar 'n studeerkamer en klein biblioteek. Die motorhuis het veilige parkeerplek vir twee motors met nog parkeerplek binne die perseel agter veilige hekke.

Geniet die beeldskone sonsondergange of somersdae terwyl jy ontspan op die sonstoele of 'n verfrissende swemsessie in die swembad wat op die rand van die patio gebou is.

Slaapplek

'n Bespreking by St Clair Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Clair Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za