St Francis Bay Canals - Sleepers Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Francis Bay Canals - Sleepers Nest is 'n verdeelde vakansiehuis aan die oewer van die kanale in St Francisbaai, slegs sowat 'n uur vanaf Port Elizabeth en sy lughawe.

Die huis het 3 aparte tweeslaapkamer-eenhede, elkeen met 'n kombuisie en 'n badkamer, met 'n gemeenskaplike kombuis, eetkamer en onthaalarea.

Dié grasdak-vakansiehuis is uiters ruim reg teenaan die kanale. Die huis is ideaal vir 'n groep vriende wat die hele huis bespreek vir 'n vakansie. Die suites kan ook apart bespreek word. Dit bestaan dan uit 2 slaapkamers, 'n kombuisie met basiese toebehore, 'n badkamer en 'n patio met beeldskone uitsigte oor die kanale.

Daar is ook 'n privaat boot vir visvang en 'n paar kano's en 'n gholfkarretjie is ook beskikbaar. Die huis het 'n speelkamer met 'n pooltafel en foosball-tafel, en 'n veerpyltjie- en vingerbord. daar is ook 'n swembad regs langs die kanaal met 'n aangrensende lapa.

Die huis het 3 motorhuise, verskeie dekke en ruim leefareas. Ons is na aan verskeie restaurante 'n klein winkelkompleks met OTM's en ander nodige geriewe geleë. 'n Skoonmaker is daagliks beskikbaar. Dié grasdakhuis het beeldskone uitsigte oor die kanale en die berge na die noorde.

Die ruim huis het houtvloere en is op 3 vlakke gebou. Die kamers front noord wat warmte en sonlig in die wintermaande verseker. Daar is ook 'n swembad, 'n jetty en meer as genoeg parkeerplek. Die beeldskone tuin met bome en 'n besproeiingstelsel, 'n ruim sonkamer en 'n binnebraai-area met lieflike uitsigte oor die kanaal.

Die huis het ook 'n kroeg, 'n studeerkamer en TV-kamer met 'n alarmstelsel wat aan 'n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gekoppel is. Die huis kan vir 12 bespreek word. 'n Skoonmaakdiens is op die perseel beskikbaar en sluit daaglikse skoonmaak van kamer, badkamer en skottelgoed was in.

Slaapplek

'n Bespreking by St Francis Bay Canals - Sleepers Nest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Francis Bay Canals - Sleepers Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za