St Francis Court no 35

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Francis Court no 35 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n rustige omgewing en is naby die hoofswemstrand en middedorp geleë.

Hierdie plek beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer. Linne word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n oond, vierplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel en broodrooster. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv.

Die eenheid is stylvol versier en bied lieflike see-uitsigte, veral ook vanaf die balkon en daar is 'n binnehof met braaigeriewe. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Die dorp is tussen die Tuinroete en Port Elizabeth en bied 'n geskiedkundige vuurtoring wat oor die swemstrand uitkyk. Dié strand bied wêreldklas branders en is ideaal vir branderplankry. Daar is ook lekker visvangplekke vir kranige vissermanne.

Ander doendinge sluit gholf, rolbal en skubaduik in. Verskeie winkels, galerye, restaurante, die hawe en nagklubs is in die omgewing beskikbaar of gaste kan besienswaardighede soos die Addo Olifant Park, Stormsrivier en Baviaanskloof besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by St Francis Court no 35 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Francis Court No 35 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za