St James Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St James Accommodation bied selfsorgverblyf teen die berg in St. James in Kaapstad. Die eenhede spog met uitstekende uitsigte oor Valsbaai.

Verblyf word in 'n hoofhuis en 'n kothuis aangebied wat saam slaapplek vir 8 gaste bied. Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het toegang tot die tweede aparte badkamer. Elke badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n TV-sitkamer op die boonste verdieping.

Die ten volle toegeruste kombuis is met die nodige toebehore toegerus om maaltye mee voor te berei, insluitend 'n skottelgoedwasser en 'n wyn-yskas. Die kombuis lei na 'n opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek en die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n binnehof met 'n Weber-gasbraai en -ketelbraai, stoepmeubels en 'n buitestort.

Die kothuis is in die binnehof en beskik oor 2 slaapkamers met koninggrootte-beddens wat ook elkeen in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort en dit word gedeel. Parkeerplek vir 2 voertuie is op die perseel beskikbaar, en daar is sekuriteitskameras en 2 alarms wat aan 'n sekuriteitsmaakskappy gekoppel is.

St James Accommodation is hoog teen die berg langs die bergpad geleë. 'n Steil trap lei gaste na die hoofpad en strand.

Slaapplek

'n Bespreking by St James Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St James Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 900 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za