St James Seaforth Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St James Seaforth Villa is in St James geleë wat geskiedkundig bekend staan as die "miljoenêrsmyl" en tans naam maak as een van die mees moderne plekke om te bly in Kaapstad. Dit bied asemrowende see-uitsigte oor Valsbaai en is net 'n kort entjie se ry van Kaappunt, Simonstad en 'n paar ander gesogte bestemmings af.

Die villa is smaakvol versier met luukse afwerkings en bestaan uit 3 luukse suites. Die suites is elk ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n luukse en suite-badkamer. Elke suite is ook toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, ondervloerse verhitting, verhitte handdoekrelings, 'n persoonlike kluis, WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe, japonne en pantoffels. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is 'n groot sitkamer met 'n lieflike kaggel en gemaklike sitplek en daar is ook 'n aparte TV-kamer.

Gaste is welkom om by die 40 m² swembad en sonstoele te ontspan.

St James Seaforth Villa is naby die plaaslike restaurante, antiekwarewinkels en Kalkbaai-hawe. Ons bied ook veilige parkeerplek met 24-uur sekuriteit.

Dit is die ideale plek vir ontspanne dog luukse verblyf vir alle gaste.

Kenmerke

  •  Swembad

Geriewe

  •  Swembad
  •  WiFi

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St James Seaforth Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za