St Tropez 1004

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Tropez 1004 is 'n knus selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die veilige St Tropez-woonstelblok in die Strand, net oorkant die swemstrand. Die woonstel bied beeldskone uitsigte oor Valsbaai en dis net 'n paar minute van die gholfbaan en die inkopieparadys Somerset Mall af.

St Tropez 1004 bied slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n oopplan-eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad. Die kombuis is volledig toegerus vir al jou selfsorgbehoeftes en beskik oor 'n yskas-vrieskas, 'n stoof met 'n oond, 'n mikrogolf, 'n ketel en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Pragtige see-uitsigte kan van die sitkamer af geniet word.

Die St Tropez-kompleks het gemeenskaplike wasgoedgeriewe wat met munte werk op die grondvloer en ook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dit is die ideale bestemming vir 'n rustige seevakansie en dis net 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af en naby aan Stellenbosch waar jy 'n verskeidenheid wynplase kan besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by St Tropez 1004 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Tropez 1004 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za