St Tropez 1006

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Tropez 1006 is 'n knus selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in die veilige St Tropez-woonstelblok in die Strand, net oorkant die swemstrand. Die woonstel het beeldskone uitsigte oor Valsbaai en is net 'n paar minute van die gholfbaan en die inkopieparadys Somerset Mall af.

Die woonstel het gemaklike slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n dagbed in die leefkamer waar 'n maksimum van 2 kinders kan slaap, nie volwassenes nie. Die badkamer het 'n stort Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas/vrieskas, stoof, oond, wasmasjien, en 'n ketel in.

Die St Tropez-kompleks het gemeenskaplike wasgoedgeriewe wat met munte werk op die grondverdieping en ook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dit is die ideale bestemming vir 'n rustige strandvakansie en is net 30 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af en naby Stellenbosch waar jy 'n verskeidenheid wynplase kan besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by St Tropez 1006 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Tropez 1006 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za