St Tropez 1103

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Tropez 1103 bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n stylvolle oopplan-enkelwoonstel met ’n see-uitsig. Die woonstel is in die St Tropez-woonstelblok in die Strand, net oorkant die swemstrand. Die woonstel het ’n uitsig oor Valsbaai en is net 1 km van die Strand Gholfbaan en 2,9 km van Somerset Mall af.

Die oopplan-woonstel het ’n slaaparea met ’n dubbelbed, ’n badkamer met ’n stort en ’n ooppplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en het ’n ontbyttoonbank met stoele.

Die kompleks bied ’n gemeenskaplike wasmasjien wat met munte werk op die onderste verdieping asook braaigeriewe. Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar. Dit is die ideale plek vir ’n strandvakansie en is net 30,6 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Dis ook naby Stellenbosch, waar ’n verskeidenheid wynlande besoek kan word.

Slaapplek

'n Bespreking by St Tropez 1103 sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Tropez 1103 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R890 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za