St Tropez 303

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

St Tropez 303 is 'n selfsorg-enkelwoonstel in die veilige St Tropez-woonstelblok in Strand, oorkant die swemstrand. Die woonstel bied 'n pragtige uitsig oor Valsbaai en is enkele minute se ry vanaf die gholfbaan en Somerset Mall.

Dié woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Enkelbed is in die leefarea beskikbaar vir 'n klein kind. Die badkamer het 'n stort-oor-bad en ondervloerse verhitting.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die gerieflike sitarea het 'n TV.

Die kompleks het gemeenskaplike munt-outomaatgeriewe op die grondvloer. Daar is ook gemeenskaplike braaigeriewe wat gaste kan benut en veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by St Tropez 303 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na St Tropez 303 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za