Stableford 3

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stableford 3 is 'n selfsorghuis in Plettenbergbaai. Daar is 3 lieflike strande 'n paar minute van die middedorp af en elkeen het pragtige uitsigte en warm water. Lookout-strand is die beste geskik vir swem en Robbergstrand is lekker om op te gaan wandel. Robberg is stapafstand van die huis af en dit is 'n Blouvlagstrand, so die water is skoon en daar is lewensredders aan diens.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer is bo en het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer is bo en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde slaapkamers is onder en elkeen het 2 enkelbeddens en deel 'n aparte badkamer met 'n stort.

Die huis beskik oor 'n kombuis, sitkamer en eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, 2 groot yskas-vrieskaste, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 12 gaste en die sitkamer het sitplek vir 6 gaste en daar is 2 riempiestoele. Daar is 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Opvou-glasdeure bied toegang tot 'n swembad en 'n dek met 'n tafel en 6 stoele. Die eiendom het elektriese hekke en parkeerplek van die straat af vir 4 voertuie.

Slaapplek

'n Bespreking by Stableford 3 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stableford 3 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za