Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stadium Guest House

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dysartstraat 13, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 430 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Stadium Guest House bied selfsorg- of B&B-verblyf in Groenpunt, 'n spoggerige buurt in Kaapstad net 850 m van die V&A Waterfront af. Dié stil, veilige area is ideaal vir vakansiegangers en sakereisigers.

Die gastehuis het 2 ateljee-eenhede wat volledig toegerus is vir selfsorg, asook 1 gastekamer. Dit sluit die Erkervenster-ateljeewoonstel met 'n balkon en die Groot Ateljeewoonstel met 'n balkon in.

Die woonstelle het pragtige uitsigte oor die see en Robbeneiland, en die uitsigte is veral sprokiesagtig gedurende die winter. Die Groot Ateljeewoonstel met 'n balkon het slaapplek vir 2 mense op 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank is beskikbaar vir 2 kinders teen 'n ekstra koste.

Die Baaivenster-ateljeewoonstel met 'n balkon het ook slaapplek vir 2 mense. Die koninggrootte-bed kan as 2 enkelbeddens opgemaak word. 'n Ekstra matras en beddegoed is beskikbaar op versoek en teen 'n ekstra koste.

Die woonstelle is volledig toegerus met 'n vierplaatstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Verder het elke woonstel 'n TV met DStv, 'n haardroër, kluis en klankstelsel. Elke en suite-badkamer het 'n hoekbad en 'n stort, en japonne en handdoeke word voorsien.

Die slaapkamer op die middelste vlak het 'n koninggrootte-bed wat omskep kan word in 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met spa-hoekbad, wasbak en toilet. Dié slaapkamer het 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Verder is die kamer toegerus met lugversorging en 'n 49"-TV en klankstelsel. Die kamer het ook sy eie ingang en Franse deure wat oopmaak op die veranda.

Daar is braaigeriewe op die sondek en parkeerplek is beskikbaar in 'n motorhuis met afstandbeheer. In die somer kan gaste heerlik ontspan in die reuse spa-bad in die tuin.

Stadium Guest House is net 450 m vanaf Kaapstad Stadion en loopafstand vanaf Seepunt se promenade en die Waterfront. Die gastehuis is ook net 15 minute se ry vanaf Tafelberg se kabelkarretjie en gewilde strande.

Kaapstad Internasionale Lughawe is 20 minute se ry van die gastehuis af en ons bied ook 'n billike pendeldiens op versoek. Die KIKS is net 2,2 km vanaf Stadium Guest House.

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Stadium Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Dysartstraat 13, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stadium Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 430
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 430
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dysartstraat 13, Groenpunt, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM3YjdjOTA0LTE0NzYtNGIxMS1hNDQyLTZhZTcwNzVmNmMyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 430 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 13 Dysart Road Green Point 8051 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-22:00 10:00 -33.90896438349 18.407494635582