Margate Akkommodasie by Stafford Close 7 | LekkeSlaap
+34
+34

Stafford Close 7

Selfsorg
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staffordlaan 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Stafford Close 7 is 'n selfsorg-eenheid in 'n sekuriteitskompleks in Uvongo. Dié kompleks is net 300 m van Uvongo strand af.

Hierdie eenheid op die grondvloer het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. In die leefarea is daar 2 dagbeddens.

Die leefarea is oopplan en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, breekware en eetgerei, en daar is 'n ontbythoekie. Die sitkamer het 2 dagbeddens en 'n TV. Daar is ook 'n patio met buitemeubels en 'n draagbare braaier. Gaste kan van die gemeenskaplike swembad gebruik maak.

Die dorp is sowat 10 km suidwes van Port Shepstone af wat welbekend vir sy strande en snorkel- en branderplankry-geleenthede is. Dit is die ideale wegbreek vir diegene wat wil ontspan. Geleë naby die bekende visvang-strand Orange Rocks en besienswaardighede soos Oribi George en Wild Coast Casino met sy waterpark. Gaste moet asb. hul eie dekordeerder, slimkaart, handdoeke en vadoeke saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Staffordlaan 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Staffordlaan 7, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRmY2ExYjU2LTkwMGYtNDlhMC05ZGVkLTNmOWY0ZTY4MjIwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 7 Stafford Road Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.830403876634 30.396772027016
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za