Stanford River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stanford River Lodge skuil in die Kleinrivier se natuurskoon, beslaan 21 hektaar, front noord en het onbelemmerde uitsigte op die Kleinrivierberge wat parallel loop met die rivier. Ons B&B- of selfsorgkamers het en suite-badkamers, verandas en braaigeriewe. Die wittebrood-suite is op die boonste vloer en het luisterryke uitsigte van die bed en die bad af.

Roeiers is mal oor hierdie lodge en daar is 'n bewarea vir voëls aan die een kant van die rivier en die dorp is aan die ander kant van die rivier. Dit is ook veilig om hier te swem. Gaste is welkom om die kano's te gebruik en daar is ook 'n swembad vir diegene wat net 'n bietjie wil ontspan.

DStv, waaiers, verhitte handdoekrelings, suiwer katoenlinne en veilige parkeerplek word voorsien. Ons is langs Springfontein Wynplaas wat oop is vir wynproe en -verkope en 2 restaurante het. Walker Bay Natuurreservaat en die visvangroete (wat verkieslik met 'n 4x4 aangepak moet word) is ook naby. Op dié roete kan gaste visvang en die walvisse dophou.

Hermanus is bekend vir sy walvisse en Gansbaai is bekend vir sy haaihokduik-avonture ? albei dié dorpies is net 'n klein entjie se ry van die lodge af. Ander doendinge naby ons sluit die volgende in: 4x4-roetes, vierwielmotorfietse, wynplase, perdry, bergfietsry, voëlkyk, stap in die berge, uitstekende restaurante en Stanford se bekende riviertoere op die River Rat en die African Queen.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stanford River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za