Star of the Sea Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Star of the Sea Villa is 'n luukse selfsorg-vakansiehuis in die veilige en gewilde landgoed The Waves in Wildernis. Die drieverdiepinghuis kyk uit oor die see en is aan die einde van 'n doodloopstraat geleë en is dus baie privaat en beskut. Dit is ook reg langs die 5-ster Views Boutique Hotel & Spa.

Die villa het 5 en suite-slaapkamers, en slaapplek vir 14 mense altesaam. Die hoofslaapkamer en tweede kamer het elkeen 'n koninggrootte-bed en is op die boonste vloer. Die middelste verdieping het 2 kamers wat elkeen beskik oor 'n koningingrootte-bed. Die vyfde kamer het 2 enkelbeddens en 2 stapelbeddens en is op die onderste vloer.

Die villa het ook 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel, 'n volledig toegeruste kombuis met 'n opwaskamer, 'n ekstra sitkamer bo met 'n studeerarea, 'n volledig ingeslote agtertuin met 'n plonspoel en 'n gedeeltelik beskutte stoep met 'n etenstafel, 10 stoele en ingeboude braaigeriewe.

Die kompleks bied direkte toegang tot die strand via 'n privaat plankpaadjie. Daar is ook 'n gemeenskaplike klubhuis met 'n sitkamer, TV, binne- en buitebraaigeriewe, 'n goed toegeruste gimnasium met toilette en storte. 'n Speletjieskamer met 'n pooltafel, tafeltennis en veerpyltjiebord is ook beskikbaar, sowel as 'n ingeslote goed versorgde tuin en skitterende swembad.

Slaapplek

'n Bespreking by Star of the Sea Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 6 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Stapelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Star Of The Sea Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 500 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za