Stay @ Ixia

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stay @ Ixia is 'n selfsorgwoonstel met 'n oopplan-uitleg op die eienaar se perseel in Somerset-Wes. Dié perseel is die perfekte basis vanwaar die Helderberg en al sy besienswaardighede verken kan word.

Dié ruim woonstel spog met hoë plafonne, oop dakbalke en 'n privaat ingang. Daar is slaapplek vir 2 volwassenes in die oopplan-eenheid. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed met 'n elektriese kombers en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Linne en handdoeke word voorsien.

Langs die bed is die kombuis-area wat met 'n 2 elektriese stoofplate, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, kookgerei, eetgerei, breekware en potte en panne toegerus is. Daar is ook 'n strykyster en 'n strykplank. Die woonstel het ook lugversorging, 'n verwarmer, 'n waaier en 'n TV met DStv.

Die woonstel lei na 'n privaat tuin met braaigeriewe en 'n privaat Jacuzzi. Veilige parkeerplek vir 1 motor is beskikbaar. Gaste kan ook teen 'n ekstra koste 'n Engelse-, Kontinentale ontbyt, of ontbytpakkie vooraf by die gasheer bestel.

Stay @ Ixia is ideaal slegs 5 m vanaf Somerset Mall, die Strand Gholfklub en die strand geleë. Kaapstad Internasionale Lughawe is slegs 30 km weg en die Kaapse Wynlande is ook naby.

Slaapplek

'n Bespreking by Stay @ Ixia sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stay @ Ixia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za