StayBosch

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

StayBosch bied gerieflike selfsorgverblyf in 6 smaakvol ingerigte woonstelle sowat 2 km van Stellenbosch se middedorp af. Dié familie-onderneming is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Die gastehuis bied slaapplek aan altesaam 22 volwassenes. Daar is 2 woonstelle met 1 slaapkamer en 4 woonstelle met 2 slaapkamers. Elke woonstel het 'n yskas-vrieskas, oond, skottelgoedwasser, mikrogolf, ketel, broodrooster, koffiemasjien, eetgerei en breekware. Linne en badhanddoeke word voorsien. Verder het die woonstel 'n privaat ingang, sitarea buite en word Maandae tot Saterdae skoongemaak. Kleuters wat die bababedjie slaap, en kinders onder 6 jaar wat 'n koninggrootte-bed met hul ouers deel, bly gratis. StayBosch het 'n tuin, seisoenale buiteswembad, gratis WiFi en parkeerplek.

StayBosch is die ideale basis vanwaar die dorp en wynlande verken kan word. Ons is lekker naby winkels en restaurante, en net sowat 1 km vanaf die bekende Dorpstraat. Gaste kan die wynlande, bergfiets- of voetslaanroetes verken. Strand is net sowat 20 minute en Kaapstad sowat 45 minute se ry hiervandaan.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na StayBosch gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 125 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za