Kemptonpark Akkommodasie by Stegmann Accommodation | LekkeSlaap
+37

Stegmann Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steggmannstraat 39, Terenure, Kemptonpark, 1619, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 000 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

Stegmann Accommodation is 'n selfsorghuis in die stil Terenure-buurt in Kemptonpark.

Die huis het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis wat goed toegerus is en verskeie leefareas. Die gasheer bly in 'n aparte tuinkothuis op die perseel, maar al die geriewe op die perseel is vir die gaste se gebruik. Die eerste slaapkamer is op die boonste vloer en het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed en daar is 'n dubbelbed in die vierde slaapkamer. Die tweede badkamer is op grondvlak en word gedeel en het 'n stort en 'n bad.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die huis het 'n TV met alle DStv-kanale, 'n kaggel en gratis WiFi.

Die perseel is omhein en daar is veilige parkeerplek agter 'n veiligheidshek.

Besienswaardighede in die omtrek sluit Emperor's Palace met sy spa, kasino en Odean Showbar in en daar is 3 gholfbane en 3 winkelsentrums naby. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is sowat 13 km vanaf die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Stegmann Accommodation sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Steggmannstraat 39, Terenure, Kemptonpark, 1619, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R4 000
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steggmannstraat 39, Terenure, Kemptonpark, 1619, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAM2I1ahaGg55CoTYTWzWqBGd9yRe4uZMIYD9BhGQhv5FThYQ1Mp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 000  per nag (vir 7 persone) 39 Stegmann Street Terenure 1619 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.080379763837 28.20240013684
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za