Stell on Air

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stell on Air is 'n lieflike tweeslaapkamerwoonstel in Stellenbosch en is ideaal vir klein gesinne, paartjies of sakereisigers.

Die woonstel is op die tweede verdieping geleë. Die slaapkamers het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelbed en deel die badkamer met 'n stort. Daar is 'n stapelbed vir 2 gaste in die sitkamer.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe en gaste kan hul maaltye by die ontbyt-toonbank eet. Die woonstel het ook satelliet-TV en WiFi is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek agter 'n hek met 'n afstandbeheer.

Stell on Air is net 'n kort entjie se stap van Eikestad Mall en verskeie restaurante af. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing. In en rondom Stellenbosch is daar verskeie wynplase, Eagle Encounters South Africa en die Jonkershoek Natuurreservaat. Gaste kan op 'n geskiedkundige erfenistoer of 'n Segway-toer gaan en in die somer kan hulle aarbeie pluk by die Polkadraai-aarbeiplaas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stell On Air gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za