Stellenbosch Siesta

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stellenbosch Siesta is in Stellenbosch geleë en is stapafstand vanaf 3 parke waarvan 1 'n uilhuis het.

Dit is ongeveer 2,5 km van die middedorp geleë.

Daar is 2 kamers en 2 badkamers. Linne en handdoeke word voorsien. Stellenbosch Siesta Kamer 2 het 'n dubbelhemelbed en 'n aparte badkamer. Stellenbosch Siesta Kamer 3 het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer.

Daar is 'n tuinwoonstel wat normaalweg aan studente verhuur word. Dit mag moontlik beskikbaar wees vir Desember en Januarie maar is onderhewig aan goedkeuring van die inwoner.

Die gemeenskaplike kombuis is toegerus met 'n oond, stoof en mikrogolf, en daar is ook 'n etenstafel in die eetkamer. Daar is 'n tuin waar jy kan ontspan. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Let daarop dat die huis met die eienaar en twee pappegaaie gedeel word. Daar is 'n hond op die perseel wat nie in die huis toegelaat word nie.

Stellenbosch bied verskeie wynplase en -kelders, asook trekpleisters en doendinge, soos bergfietsry, voetslaan, Eagle Encounters en Segway-sweeftoere by Spier, Mooiberg-padstal en Giraffe House.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stellenbosch Siesta gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za