Stellenview Luxury Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stellenview Luxury Cottage is 'n selfsorgkothuis in 'n lowerryke omgewing minder as 1,3 km van Stellenbosch se middedorp af. Dis langs die eienaar se hoofhuis, maar het sy eie ingang. Stellenview is langs die Universiteit van Stellenbosch se eksperimentele plaas, Welgevallen, en bied 'n plattelandse ervaring. Die kothuis het 'n pragtige uitsig oor die plaas, dorp, berge en koeie wat in die kamp voor die kothuis kom wei.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met katoenlinne. Japonne, pantoffels en handdoeke word voorsien. Die en suite-badkamer het 'n groot hoekbad, 'n stort en dubbelwasbak.

Die kombuis het 'n vierplaatstoof en oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, koffiemaker en espresso-masjien, 'n wasmasjien, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n rusbank, 2 gemakstoele, 'n kaggel, TV met DStv, CD-speler en gratis WiFi.

Verder het Stellenview Luxury Cottage 'n privaat stoep met braaigeriewe en toegang tot die tuin. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Stellenview Luxury Cottage kan ook begeleide wyntoere in Franschhoek, Stellenbosch en Paarl met La Rochelle Tours reël. La Rochelle Tours in in 2000 gestig en het 2 toergidse, 3 bestuurders, en kan ook privaat vervoerdiense en lughawependeldiense bied

Slaapplek

'n Bespreking by Stellenview Luxury Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stellenview Luxury Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 820 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za