Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sterland Kampering

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 440, Net langs die R354, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Sterland Kampering is 'n lieflike kampeerplek wat deur populierbome omring is, net 1 km buite Sutherland.

Daar is 33 groot kampeerplekke tussen bome, elk met 'n kragpunt en braaigeriewe. Camp Rigel is die eerste kampe n het 7 staanplekke. Camp Spica is die tweede kamp en het 10 staanplekke. Camp Vega is die nuutste kamp en het 15 staanplekke en aparte ablusiegeriewe. Die kampplekke is met gruis bedek, om te keer dat grondseile nat word en om te keer dat modder op reënerige dae in tente of karavane ingetrap word.

Waterpunte word tussen die kampeerplekke gedeel, en aparte ablusiegeriewe met elektriese geisers word vir mans en vroue voorsien. 'n Gemeenskaplike asbos-boma, Muisbos, is beskikbaar vir winderige dae.

Jurg bied sterrekyk-aande op die meeste aande tussen 20:00 en 22:00 aan. Neem kennis dat dit noodsaaaklik is om te bespreek. Die sterrekyk-aand sluit 'n kort lesing in, gevolg deur sterrekyk met ses 11"-teleskope. Gaste kan ook saam met 'n kundige na die uitstekende fossiel-uitstalling kyk.

Verder kan gaste die NG Kerk en die N.P. van Wyk Louw Museum besoek. Ander besienswaardighede sluit SALT, die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond en die Oubergpas in. Neem kennis dat besprekings vir SALT noodsaaklik is en aanlyn gedoen moet word.

Kampeerders kan die fiets- of staproete binne die kampterrein geniet. Daar is ook 'n Lovers Walk, vuurput en 'n doolhof met plante en struike van die area. Die term, sonstilstand, word prakties gedemonstreer met uitsetbakens. Die kultuurkamer met die dorp digtersgeskiedenis en uniekhede kan ook besigtig word. Meer praatjies oor fossiele, met meer detail, kan gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 41 resensies vir Sterland Kampering
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Plot 440, Net langs die R354, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Sterland Kampering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 440, Net langs die R354, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY5NGRiZGMyLWI0ZTYtNGJiMi05ZDc2LTI5MzhlMzUwNWFjZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 6 mense 41 5 1 5 Plot 440 Off the R354 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.408479303193 20.658740222716