Sterlitsia 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sterlitsia 2 is in die dorpie Struisbaai, net 2 ure se ry van Kaapstad af geleë. Dié ruim huis het slaapplek vir 6 gaste en is 550 m vanaf die see geleë. Dis ook naby die hawe en winkels.

Die huis het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 'n driekwartbed, en die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en stort. Die tweede badkamer het 'n stort.

Daar is 'n kombuis, eetkamer en sitkamer. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, 'n tweeplaat-stoof en mini-oond, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien. Die sitkamer het oorgenoeg sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n braai-area binne en buite die huis.

Struisbaai is naby die mees suidelike punt van Afrika geleë. Die area is beroemd vir verskeie watersporte soos kajak en vlieërbranderry. Ander besienswaardighede sluit die Agulhas Nasionale Park, Spookdraai-staproete en Waenhuiskrans-grot in.

Slaapplek

'n Bespreking by Sterlitsia 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sterlitsia 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za