Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Steynshoop Mountain Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Steynshoop Plaas, Hekpoort, 1790, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 955 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Steynshoop Mountain Lodge, voormalig bekend as Kashan Country House, is 'n luukse huis op 'n privaat landgoed, wat pragtig geleë is op 'n verhewe stuk land in die skilderagtige Magaliesbergvallei naby Hekpoort. Dit het ongelooflike uitsigte oor dié manjifieke bergreeks, kranse en omliggende bos van die Magaliesberg Natuurreservaat waarvan dit deel vorm.

Die lodge is heeljaar beskikbaar vir eksklusiewe verhuring. Ons kan volledige spyseniering met 'n sjef voorsien vir tot 18 gaste. Die minimum hoeveelheid gaste wat vereis word vir 'n bespreking is 8 mense. Die lodge se 9 en suite-slaapkamers is almal luuks ingerig met lugversorging, TV met DStv-kanale en DVD-spelers. Dit is 'n eksklusiewe en intieme gaste-lodge met 'n eenvoudige, maar elegante interieur. Dit is ideaal vir individuele- of klein groep-wegbreke, asook klein konferensies. Dit het 'n natuurlike, rustige en verfrissende atmosfeer.

Die lodge is 'n uur se ry van Johannesburg en Pretoria af en val binne 'n wêrelederfenisterrein. DIe hele landgoed is binne die Magaliesberg Natuurreservaat. Dit is vol inheemse bos insluitend wilde protea-bome en daar is baie natuurlike wild insluitend: bosbokke, njalas, rooiribbokke, vlakvarke, bobbejane, apies en luiperds. Voëllewe is volop. Arende en aasvoëls van 'n kranskolonie naby word gereeld gewaar. Gaste kan ook luister hoe die jakkals huil, die hiëna lag en die bobbejaan blaf en heelwat meer.

Gaste het toegang tot 'n kilometer lange stuk van die manjifieke bergreeks op die landgoed wat ideaal is vir wandel en voetslaan. Reëlings kan getref word vir langer staptogte deur aangrensende area wat aan die Bergklub van Suid-Afrika behoort en bekende terreine soos Castle Gorge insluit, maar 'n gids van die lodge moet wel die stappers vergesel.

Steynshoop Mountain Lodge bied die ideale wegbreek van die stadslewe en stres, waar gaste aan die slaap kan raak met die geluid van die Afrika-bos in hul ore en wakker word met die voëltjies se gesang. Sit rustig en geniet 'n drankie op die gazebo en kyk uit vir bosbokke of rooiribbokke wat by die watergat kom water drink. As jy 'n toevlugsoord met uitstekende diens soek, is Steynshoop Mountain Lodge 'n skaars vonds.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Steynshoop Mountain Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.5/5

Pieter Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 17

Jaar gelys 8

Ligging

  • Steynshoop Plaas, Hekpoort, 1790, Gauteng
  • Gaste dink Steynshoop Mountain Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 955
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 955
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Steynshoop Plaas, Hekpoort, 1790, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlYzg1ZmI2LTQyZDUtNDMzYS1iNzkzLWQxMjllZmVlNTcxMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 955 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Steynshoop Farm Hekpoort 1790 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.848545 27.584673
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem