Stienie's Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Stienie's Lodge is in Loevenstein geleë, ’n veilige en stil buurt in Bellville met ’n Tafelberg-uitsig. Dis 15 minute se ry van Kaapstad se SSK en Kaapstad Internasionale Lughawe.

Daar is 2 selfsorg-woonstelle wat volledig toegerus. Albei word met trappe bereik en is daarom nie rolstolvriendelik nie. Die eenheid op die grondverdieping het nie trappe nie.

Elke eenheid bied slaapplek aan 3 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders. Die groot slaapkamer het ’n dubbelbed en stapelbed, asook ’n badkamer met ’n stort, wasbak en toilet en ’n kombuisie wat toegerus is vir selfsorg. Gaste moet hul eie handdoeke saambring. Skoonmaakdienste is beskikbaar op versoek.

Geriewe in die kamer sluit ’n persoonlike kluis, verwarmer, plafonwaaier, tweede waaier, haardroër, broodrooster, mikrogolf, tweeplaat-induksiestoof, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en skottelgoedseep. Tee- en koffiemaakgeriewe vir 2 dae word voorsien. Daar is ’n TV met sekere DStv-kanale, SABC 1, 2, 3 en KykNet ingesluit. Gratis onbeperkte WiFi is ook beskikbaar.

Buite is daar ’n groot gazebo met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter ’n hek met afstandbeheer en daar is ook plek vir klein sleepwaentjies.

Stienie's Lodge is naby Karl Bremer, Louis Leipoldt en Melomed hospitaal, asook Panorama Medi-Clinic. Die Cape Eye Hospitaal en Oorinstitusie is net 1 km weg. Tygervallei, N1 City, Cape Gate en Century City is ook lekker naby, asook Tyger Waterfront en Willow Bridge waar die Barnyard Theatre is. Die Bellville Gholfakademie en Velodrome is slegs 10 minute se ry ver en daar is verskeie restaurante in die area.

Doendinge in die Bellville-area sluit die "park run" oor naweke in Jack Muller-park in, die Tygerberg Natuurreservaat met panoramiese uitsigte, wynproe en gholf by Bellville Gholfklub.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stienie's Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 R522 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 12 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za