Still Life with Woodpecker

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Still Life with Woodpecker is 'n selfsorghuis in die rustige hawebuurt, Stilbaai-Wes.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Albei badkamers het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n koue buitestort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, 2 yskas-vrieskaste, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n ingeboude braai en 'n platskerm-TV met DStv.

Die leefarea lei na 'n toegeboude stoep met 'n etenstafel en ingeboude braai. Die stoep lei weer na 'n omheinde tuin met sitplek. Oorgenoeg veilige parkeerplek is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Still Life with Woodpecker sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees
  •  Spaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Still Life With Woodpecker gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za