Stillewaters

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stillewaters is 'n lieflike, groot plaashuis wat dateer uit 1880 op die werkende plaas Stillewaters. Dit is net 5 km van Richmond en die N1 af, op die Graaff-Reinet-pad (R388). Dié vakansiehuis is die perfekte plek om te oornag of weg te breek saam met familie, vriende, voëlkykers, natuurliefhebbers, aanhangers van die plattelandse leefstyl, landskap-fotograwe, skrywers of enige iemand op soek na die egte Karoo-plaaservaring!

Gaste kan vry voel om op die erf en naby die weivelde, riviere en damme rond te wandel. 4x4-roetes, perdry en perde- of donkiekarritte is op versoek beskikbaar.

Gaste kan 'n paar swart wildebeeste, springbokke en volstruise in die veld sien, asook Merino-skape, Nguni-beeste en donkies. Daar is fonteinwater, ’n rivier en dam nie ver van die huis af nie.

Die hoofhuis het slaapplek vir 10 gaste en kan vir een groep op versoek bespreek word. Die kamers kan egter ook apart bespreek word. Verblyf word in ’n en suite-kamer met 1 dubbelbed en 1 enkelbed gebied. Dié kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die Tuin-sakpaskamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Dit deel 'n aparte badkamer met die Sonkamer. Die badkamer het 'n stort en bad. Die Sonkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kamer deel 'n aparte badkamer met die tuinkamer. Dié badkamer beskik oor 'n stort en bad.

Die huis is gerieflik ingerig, die beddens is opgemaak en handdoeke word voorsien. Al 3 slaapkamers het toegang tot die gemeenskaplike, groot plaasstyl-kombuis wat volledig toegerus is. Daar is ook 'n gemeenskaplike eetarea met 'n binnebraai en gemeenskaplike sitplek met 'n kaggel. Daar is 1 aparte buitebraai-area. Hout is te koop by die Caltex-vulstasie in Richmond. Daar is ook ’n groot binnehof met gras langs die kombuis.

Daar is ook 'n aparte woonstelletjie met slaapplek vir 4 en dit het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n sitarea en 1 slaapkamer met of 2 enkelbeddens of 'n stapelbed. Die eenheid het 'n kombuisie en aparte badkamer met 'n stort.

Die Hunting Lodge is apart van die hoofplaashuis en bied slaapplek aan 6 gaste. Dis ’n ruim, selfsorg-eenheid met ’n ontbytkroeg, leefarea, privaat badkamer en kaggel. Daar is ’n groot kamer met 'n dubbelbed en 4 enkelbeddens en die kombuis is toegerus met ’n yskas, stoof en oond.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word. Honde moet aan leibande wees wanneer hulle uit die erf geneem word. Opgeleide troeteldiere is welkom om in hul eie beddens te slaap.

Gratis WiFi is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stillewaters gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R360 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]