Stone House Bed and Breakfast or Self-catering Farm Stay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stone House Bed and Breakfast or Self-catering Farm Stay is op 'n merinostoetplaas geleë en bied rustige plaasverblyf met ontbyt en/of aandete, of gaste kan 'n die selfsorgopsie kies. Dit is ideaal vir paartjies, gesinne, toeriste, motorfietsgroepe, voetslaangroepe en sakereisigers

Die B&B-/selfsorgverblyf is langs die hoofhuis en het geslotekringtelevisie en veilige parkeerplek. Daar is ook baie honde en 'n eend op die perseel.

Die kothuis het 2 slaapkamers en die dubbelkamer het 'n privaat ingang. Die eenheid word as 'n geheel bespreek vir 4 gaste, al bly daar net 1 gas. Dit het 'n kombuis, sitarea, 'n badkamer en onderdakparkeerplek.

Die Rosewood-kamer het 'n dubbelbed en die Sandstone-kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer. Daar is 'n gasgeiser vir warm water. Elke kamer het 'n waaier en 'n gasverwarmer. Tee- en koffiemaakgeriewe, beskuit en warmsjokolade word voorsien in die kamers.

Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, enkelplaat en tee- en koffiemaakgeriewe. Ontbyt en aandete is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar en dit word in die kombuis voorgesit.

Braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar. Let asb. dat daar nie selfoonsein op die plaas is nie. WiFi is beskikbaar in die tuin.

Gaste kan die plaas verken en daar is 'n rivier 'n entjie se stap weg. Warmklipmasserings en sportsmasserings is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Stone House Bed and Breakfast is 15 km vanaf Barkly-Oos en 45 km vanaf Elliot. Dis net 15 minute vanaf die geriewe in die dorp waaronder restaurante en wegneemeetplekke.

Slaapplek

'n Bespreking by Stone House Bed and Breakfast or Self-catering Farm Stay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel

Badkamer

  •  Bad
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stone House Bed And Breakfast Or Self-catering Farm Stay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 840 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za