Stoneybrooke Farm
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 46 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 213, Tierpoort, Pretoria-Oos, 0036, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Stoneybrooke Farm is op 'n 220 hektaar werkende plaas geleë met koeie, ganse, hoenders en apies. Die plaas kan as rustig, vreedsaam en stil beskryf word. Dit is die ideale toevlugsoord vir gaste wat 'n ontspanne wegbreek benodig.
Die huise is ten volle gemeubileer en toegerus. Elke huis het 'n en suite-badkamer, 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea, en gemaklike beddens. Dit is sowaar 'n tuiste weg van die huis af.
Die enigste klanke in die omgewing is voëlgesang, hane wat kraai en gesnater van ganse. Die stoepe bied uitsigte oor die rivier en die koeie wat wei. Verder is daar braaigeriewe en 'n boma vir spookstories rondom die kampvuur. Die 9 ander huise op die plaas beteken dat jy nie té afgesonder sal voel nie, en die sekuriteit is uitstekend. Kinders kan ook na hartelus in die 18 m lange swembad baljaar.
Heerlike geregte kan vooraf gereël word en daar is 'n wasgoeddiens op versoek.
Bring jou bergfiets, vierwielmotorfiets, stapskoene en verkyker saam. Die voëllewe by die ongerepte rivier is enige voëlkyker se droom. Dis die ideale wegbreekplek waar gaste die dag in pantoffels en slaapklere kan deurbring met 'n goeie boek of kan gaan voetslaan, die ganse voer, of ontspan by die rivier.
Wild en natuurliefhebbers is altyd welkom by dié tuiste.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Reisigerstjeks
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Plot 213, Tierpoort, Pretoria-Oos, 0036, Gauteng
- Gaste dink Stoneybrooke Farm het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 46 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plot 213, Tierpoort, Pretoria-Oos, 0036, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom