Storm Petrel

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Storm Petrel is 'n selfsorgvakansiehuis in St Francisbaai, 'n kusdorpie met 'n unieke ligging. Die natuurlike welige en aanloklike omgewing is ideaal vir vakansies en bied 'n rits buitelug besienswaardighede aan en doendinge sluit voetslaan, swem en branderplankry in.

Dié dubbelverdieping-hoofhuis het slaapplek vir 8 en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamer en 'n oopplan-kombuis en ruim leefarea. Daar is 'n aparte privaat kothuis vir 2 gaste, maar wat steeds naby aan die hoofhuis is, wat beteken 'n groep van 10 gaste daar kan vakansie hou.

Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die ander 3 slaapkamers is op die onderste verdieping. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde kamer het 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens en deel die gastebadkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n ontbyttoonbank met sitplek. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer he t'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n lieflike dekarea met 'n buitelugtafel met sitplek vir 8, 2 hout tafel en 4 hout bankies. Daar is ook 'n ingeboude braai-area en see-uitsigte.

Die aparte woonstel beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n kombuisie en leefarea. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenheid het 'n skuifdeur wat na die buite-area lei.

Slaapplek

'n Bespreking by Storm Petrel sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Storm Petrel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 536 R3 183 per nag (plek vir 10)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za