Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Storms River Guest Lodge

B&B
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gammasi-straat 28, Stormsrivier, 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R710 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Storms River Guest Lodge is geleë in 'n rustige dorpie, Stormsrivier, in die hartjie van die Tsitsikamma op die Tuinroete. Tsitsikamma is 'n Khoi/Nama-woord wat "plek van oorvloedige water" beteken. Hierdie streek word in die noorde deur die Tsitsikamma-berge omsoom en in die suide deur die Indiese Oseaan. Die dorpie word omring deur inheemse woude, Fynbos en kommersiële plantasies.

Hierdie bekoorlike B&B-lodge is geskik vir klein en groot groepe en beskik oor 'n dubbelverdieping-gebou met 14 ruim, en suite-kamers. Die boonste verdieping het 'n ruim veranda met panoramiese uitsigte op die Stormsrivierberg se piek en die lodge se stil tuine. Geriewe sluit 'n privaat swembad in wat deur die hele gesin geniet kan word.

Die lodge is ook baie naby 'n verskeidenheid doendinge vir avontuurlustiges en diegene wat net lekker wil ontspan met hulle voete in die lug. Daar is aantal staproetes in die omgewing, Tree Top Canopy Tours, Black Water Tubing, bergfietsroetes en "segways". Die hoogste kommersiële reksprong by die Bloukransbrug is ook in die omgewing. Die bekende Otter-wandelpad begin by die Stormsriviermond met sy pragtige kuslyn in die Tsitsikamma Nasionale Park en is net 10 km van die lodge af. Bespreek vir jou 'n massering of behandeling by die Tsitsikamma Spa as jy net 'n bietjie wil ontspan. Hierdie betowerende plek met sy oorvloedige natuurskoon is baie moeilik om te weerstaan.

Is daar 'n beter plek om by te ontspan na 'n avontuurlustige dag in die buitelug? By Storms River Guest Lodge kan jy jouself verloor in die koel briesies en die klank van die krieke in die somer, of met 'n heerlike beker warmsjokolade (of 'n glas rooiwyn!), snoesig langs die kaggel.

By Storms River Guest Lodge is daar 'n stukkie hemel wat wag op 'n ieder en 'n elk - selfs afgematte reisigers sal die res van die pad met nuwe ywer aanpak na 'n nagrus by ons!

Die gasvrou is meer as bereid om jou by te staan met enige navrae en sal jou selfs help om jou doendinge te beplan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir Storms River Guest Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Gammasi-straat 28, Stormsrivier, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink Storms River Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R710
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R710
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gammasi-straat 28, Stormsrivier, 6308, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJhYjliMDMwLTA4NGUtNGZmNy1hYjFkLWFiNmVhNTY4MzI0Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R710 per nag, vir 1 mens 38 5 1 5 28 Gammasi Street Stormsrivier 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.971323777403 23.8876993546